Al lyk die weervoorspelling hierdie winter ysig, hoef jou klerekas nie te wees nie!

Al lyk die weervoorspelling hierdie winter ysig, hoef jou klerekas nie te wees nie!

Rianca de Wet

Die begin van die winter lyk gewoonlik baie rooskleurig, ons almal droom oor uitrustings met lag-op-laag klere en snoesige serpe wat ons reg deur die jaar op Pinterest sien.

 

Terug by die realiteit is dit nie altyd so rooskleurig nie, dis yskoud en jy raak vinnig in die gewoonte om dieselfde swart “sweater”, denimbroek, stewels en jas aan te trek – dis vinnig en maklik!

 

Stylvolle klere is gewoonlik die eerste ding wat trekpas kry wanneer dit regtig koud kry word en nie regtig eers lus is om die huis te verlaat nie.

 

Die goeie nuus is, na afloop van die inperking is daar wêreldwyd ‘n nuwe tendens om oorgroot, lospassende klere te dra. Oorgroot truie, denims en baadjies is hierdie seisoen groot mode & boonop is dit nog lekker warm ook.

 

Hier is die 10 moet-hê mode items  van die afgelope winter:

 

  1. Oorgroot truie

Oorgroot, lospassende truie is ‘n groot modegier hierdie seisoen. Dit laat enige uitrusting dadelik meer stylvol lyk. Dra dit by rompe, broeke en selfs onder jou blazer baadjies.

  1. Enkelstewels

Die seisoen is enkelstewels groot nuus. Dis ‘n sjiek skoenkeuse wat jou uitrusting sommer dadelik meer deftig laat lyk.

  1. Satynrompe

Satyn is die afgelope twee jaar groot mode en hierdie seisoen is geen uitsondering nie. Satyn rompe is hoogmode op die oomblik. Dit kan stileer word om deftig of informeel te lyk. 

  1. Oorgroot baadjies

Gaan groot of gaan huistoe! Groot, modieuse baadjies wink op die loopplanke hierdie seisoen en word deur groot mode ikone aangehang, wat dit beslis ‘n moet-hê item vir jou klerekas maak hierdie winter.

  1. Pofbaadjies (“Puffer Jackets”)

Maak nie saak waar jy is nie, pofbaadjies is hoogmode! As jy al ooit ‘n pofbaadjie aangehad het sal jy verstaan waarom hierdie item soveel aanhang het. Dit kan gedra word bo-oor deftige of informele uitrustings en lyk altyd stylvol – boonop is dit die perfekte panser teen die koue. 

  1. Klein handsakke

Klein handsakke is beslis ‘n groot modegier hierdie seisoen. Hoe kleiner hoe beter.

 

  1. Pastel kleure

Hierdie seisoen is ligpers, poeierblou en babapienk oral te sien – en ons is versot op dié gier!

 

  1. Serpe

Oorgroot, “chunky” serpe is hoogmode. Dis die perfekte bykomstigheid om enige uitrustig stylvol te laat lyk en dis boonop warm ook.  

  1. Oorgroot denims

Noupassende, ongemaklike denims is só laasseisoen. Hierdie seisoen is lospassende, oorgroot denims ‘n groot mode moet-hê. 

  1. Leer broeke

Hierdie gier is omtrent in al die winkels te sien. Die goeie nuus is, dit is nie net meer stywe leer broeke - wat net mooi lyk as jy ‘n grootte 6 dra - nie. Daar is ‘n wye verskeidenheid wyepyp broeke, kort broeke en rompe ook beskikbaar wat dit ‘n styl vir almal maak.

Los kommentaar

Please note, comments must be approved before they are published