Bykomstighede pas altyd

Bykomstighede pas altyd

, by Rianca de Wet, 2 min reading time

Bykomstighede is een van my gunsteling maniere om enige uitrusting af te rond. Maak nie saak watter geleentheid, watter seisoen of wat jou ouderdom is nie, jy kan altyd ‘n bykomstigheid kry wat nommerpas sit.

Bykomstighede is een van my gunsteling maniere om enige uitrusting af te rond. Maak nie saak watter geleentheid, watter seisoen of wat jou ouderdom is nie, jy kan altyd ‘n bykomstigheid kry wat nommerpas sit.

 

So trek aan dáái ringe, sit jou oorbelle aan, “layer” al jou gunsteling halssnoere en koop al die nuuste modes nou - aanlyn!  

 

Hier is 10 bykomstighede wat jy in jou klerekas moet hê in 2021

 

  1. KLEURVOLLE KRALE

Amper soos dié wat jy ingeruig het toe jy ‘n klein dogtertjie was, net baie meer sjiek.

INSPIRASIE: DIOR

 

  1. ONPAAR OORBELLE

Oorbelle wat dieselfde lyk is só 2020!

INSPIRASIE: JASON WU

 

  1. PÊRELS

Ek dink nie pêrels sal ooit regtig uit die mode gaan nie, maar in 2021 is dit beslis ‘n groot mode-treffer!

INSPIRASIE: CHANEL

 

  1. RONDE BYKOMSTIGHEDE

Ronde bykomstighede is hoogmode hierdie jaar. Jy kan maar gewaarborg wees dat jy die komplimente sal inruig met ronde bykomstighede.

INSPIRASIE: THE BLONDS

 

  1. LANG HALSSNOERE

Staan opsy “choker trend”, lang halssnoere is terug in die mode! Modehuise van Chloé tot Dior het almal tydens die nuutste loopplanke ‘n vorm van lang halssniere gehad.

INSPIRASIE: CHANEL

 

  1. LAE

Eksperimenteer met lae deur jou gunsteling halssnoere saam te dra. Jy sal verbaas wees hoe stylvol dit kan lyk!

INSPIRASIE: CELINE HOMME

 

  1. BONKIGE JUWELE

Dramatiese, bonkige juwele is ‘n moet-hê item hierdie jaar. Van Victoria Beckham tot Herms, bonkige juwele was oral op die loopplanke te sien hierdie seisoen, ‘n bewys dat groter somtyds beter is!

INSPIRASIE: ELLIE SAAB

 

  1. MOTIEWE

Tropiese- en dieremotiewe is hierdie seisoen groot nuus! Van ‘n sonbril tot oorbelle, selfs die kleinste bykomstigheid kan ‘n reuse verskil aan jou uitrusting maak.

INSPIRASIE: NAEEM KHAN

 

  1. BLOK-KLEURE

Blok-kleure beteken dat jy verskeie basiese kleure saam in een uitrusting dra. Daar is geen reëls wat van toepassing is wanneer dit by hierdie modegier kom nie!

INSPIRASIE: VERSACE

 

  1. SERPIES

‘n Serpie wat styf om die nek, arm, of selfs bykomstighede soos jou hoed of handsak, gedraai word, kan 'n retro geïnspireerde gevoel aan jou uitrusting gee.

INSPIRASIE: HERMES

Leave a comment

Leave a comment


Blog posts

© 2023 klerekas.com, Powered by Shopify

    Login

    Forgot your password?

    Don't have an account yet?
    Create account