Dra hierdie klere vir beter selfvertroue

Dra hierdie klere vir beter selfvertroue

Rianca de Wet

Nes die alombekende uitdrukking: “Jy is wat jy eet!”, het jou klere ook die krag om jou emosies en jou houding te beïnvloed.

 

Sommige klere en kleure het die krag om jou eenvoudig net te laat straal, sodat jy nie net goed lyk nie, maar ook goed voel – ‘n wen kombinasie!

 

Dit is glad nie ‘n nuwe begrip dat klere ‘n impak het op ander se eerste indruk van jou nie, maar studies het ook bevestig dat jou uitrusting ook ‘n impak het op hoe jy innerlik voel en wat jy uitstraal.

 

Klere beïnvloed jou bui, jou houding en het ‘n reuse impak op jou selfvertroue. As jy mooi lyk, voel jy mooi. Jy is selfs meer produktief wanneer jy voel jy is aangetrek vir die geleentheid.

 

Tydens ‘n studie deur Professor Adam Galinsky en Hajo Asam aan die Kellogg School of Management by die Northwestern University, het hulle vir twee groepe individue labratorium jasse gegee om aan te trek. Hulle het vir die eerste groep gesê die jasse was mediese jasse en vir die tweede groep dat dit skilders se jasse was. Die eerste groep het hulle take gedurende die dag met baie meer fokus en presiesheid uitgevoer, waar die tweede groep baie meer kreatief was met julle benadering tot die take wat hulle gedurende die dag moes uitvoer.

 

‘n Bewys dat jou klere nie net ‘n impak het op hoe jy voel nie, maar ook hoe jy jou werk uitvoer.

 

Styl en snit

In professor Karen Pine se boek “Mind What You Wear” bespreek sy ‘n studie wat sy op 100 dames gedoen het.

Toe hulle gevra is wat hulle verkies om aan te trek wanneer hulle ‘n af dag het, het meer as die helfde dames geantwoord dat hulle oorgroot, slonsdrag verkies.

90% van die dames het erken dat hulle klere wat hulle goed pas en mooi en selfversekerd laat voel afskeep wanneer hulle onder druk is.

Slegs 2% van die dames het gesê dat hulle steeds oorgroot, slonsdrag dra wanneer hulle gelukkig voel.

 

Dit is dus duidelik dat jou die styl en snit van jou klere ook ‘n groot impak het op jou  persoonlike welstand en emosies.

 

Klere en kleure

Studies het al bevind dat ons emosies met kleure assosieer en die kleur van ons klere ‘n kragtige manier is om ons emosies uit te druk.

 

In 1974 het navorsers Keith Jacobs and Frank Hustmyer bevind dat kleur selfs jou harttempo, bloeddruk en asemhaling kan beïnvloed. ‘n Bewys van hóé kragtige impak kleur op jou welstand het.

 

Kleur in konteks:

Die betekenis agter kleure en wanneer jy dit moet dra.

 

Rooi

Rooi word geassosieer met passie en mag en dapperheid. Baie vrouens voel onmiddelik meer selfversekerd wanneer hulle rooi lipstiffie aanhet.

Dra rooi wanneer jy dapper wil voel.

 

Oranje

Oranje is ‘n lewendige en aanloklike kleur. Dit word geassosieer met energie en entosiasme.

Dra oranje wanneer jy soos ‘n sosiale vlinder voel.

 

Blou

Blou word geassosieer met die blou lug of die oseaan. Dit laat jou kalm en positief voel. Dit word ook geassosieer met lojaliteit en stabiliteit.

Dra blou wanneer jy ‘n belangrike werksonderhoud het, of wanneer jy jou baas of kliënte wil beïndruk.

 

Swart

Swart word gesien as ‘n sterk, kragtige kleur.

Dra dit wanneer jy ersntig opgeneem wil word of gesag wil uitstraal.

 

Geel

Geel herhinner jou aan die son, dit laat jou gelukkig en energiek voel.

Dra dit wanneer jy “afdag” het, dit is die perfekte kleur om jou gemoed te lig.

 

Groen

Groen gee ‘n gevoel van kalmte en veiligheid. Dit word geassosieer met goeie guns.

Dra groen wanneer jy nuwe mense moet of ‘n nuwe projek aanpak.

 

Wanneer jy klere dra wat nie net gemaklik is nie, maar ook stylvol is en jou laat goed lyk, laat dit jou soveel beter oor jouself voel. Dit gee jou selfvertroue en dit laat jou straal. Te veel klere wanneer ons bietjie “af” voel raak ons in die gewoonte om dieselfde klere oor en oor te dra.

 

Mag jy volgende keer geïnspireerd wees om mooi aan te trek, selfs wanneer jy nie mooi voel nie. Dit mag dalk net ‘n reuse verskil maak op die res van jou dag.

Los kommentaar

Please note, comments must be approved before they are published