
Ons almal staan soms by die winkelrakke en wens dat ons so prentjiemooi soos die bekendes op tydskrifte se voorblaai kan pronk. Goeie nuus, want in die hedendaagse style is so uniek dat jy jouself kreatief kan uitleef en elke dag soos ‘n voorbladmodel kan lyk en voel.
Jy verkies dalk nie vleiende rokkies en bonkige stewels nie, maar eerder ‘n denim met ‘n pastelkleur toppie wat afgerond is met ‘n paar leerskoene. Klerekas.com stel voor dat Suid-Afrikaanse vroue se style in twaalf kategorieë gedeel kan word en beam wat Rachel Zoë gesê het: “Styl ‘n manier is om te sê wie jy is, sonder dat jy ‘n woord hoef te praat.”
Jou persoonlike styl is dikwels ‘n uitdrukking van wie jy aan die binnekant is, wat na die buitekant toe reflekteer word. Hoe jy innerlik voel word uitgestraal na buite, deur jou uitrustings en persoonlike styl.
Nie almal se persoonlike styl is nie so eksentriek soos Iris Apfel s’n nie, maar ons almal het ons eie unieke styl (al het jy joune dalk nog nie ontdek nie!).
Het jy al ooit ‘n uitrusting aan ‘n vriendin of ‘n winkelpop gesien en gedink, “ek moet dit net hê!” Maar wanneer jy dit aanpas, besef jy – dis net nie jy nie!
Of miskien het jy na ‘n item in ‘n winkel sentrum gekyk en gedink, “aaaa, ek is versot hierop, dis só EK!” Dis onmiddelik gekoop en dis steeds een van jou gunsteling items in jou klerekas – ‘n uiters gelukkige kopie!
Dis waar jou styl persoonlikheid inkom, wat vir een persoon werk, werk nie noodwendig vir ‘n ander persoon nie en andersom.
Die vroue wat as styl ikone in die wêreld beskou word, is verbasend konstant in hoe hulle elke dag aantrek. Of dit nou beteken dat hulle die basiese stylreëls volg, dat hulle elke dag kreatief is met hulle voorkoms, dat hulle meer klassiek aantrek of ‘n boheemse voorkoms het. Maak nie saak watter styl hulle beskryf nie, hulle het ‘n kenmerkende voorkoms gekies wat hulle selfversekerd laat voel en daarby “gestick”.
Die items in jou klerekas moet vir JOU werk!
Die regte items wat by jou persoonlike styl pas sal jou nie net meer seflvertroue gee nie, dit sal jou ook meer outentiek laat voorkom en voel, dit sal jou, as vrou bemagtig, jou innerlik laat straal, jou liggaamsbou en jou ouderdom vlei, by jou leefstyl pas en absoluut net jou hart laat sing en jou op jou gemaklikste laat voel.
- Klassiek
- Elegant
- Natuurlik
- Kreatief / Eksentriek
- Romanties
- Vleiend
- Sportief
- Boheems
- Ontspanne
- Vintage
- Rock and Roll
- Retro
Klassiek: Jy verkies ‘n tydlose, klassieke styl. Jy hou van natuurlike kleure, lieflike materiale en klereitems wat perfek pas (“tailored items”).
Klassieke dames kan jy altyd deur ‘n ring trek by enige geleentheid.
Styl ikoon: Victoria Beckham
Elegant: Jy verkies kwaliteit bo kwantiteit. Jy hou van duur klereitems wat lewenslank gewaarborg is. Jy het ‘n minimalistiese, vroulike styl. Jou voorkoms is altyd tot op die naat afgerond.
Styl ikoon: Kate Middleton
Natuurlik: Jy verkies ‘n “frill free”, natuurlike styl. Jy hou nie daarvan om op te dress nie. Jy hou van eenvoudige klere-items.
Jy kom ontspanne en “laid back” voor.
Styl ikoon: Ellen Degeneres
Kreatief / eksentriek: Jy laat altyd die koppe draai. Jy hou van dramatiese, blok-kleure, eksotiese teksture en patrone en eksentrieke bykomstighede.
Jy is vreesloos wanneer dit by die nuutste modes kom.
Jy kom onafhanklik en vol selfvertroue voor.
Styl ikoon: Lady Gaga
Romanties: Jy is die definisie van ‘n “girly girl”. Jy hou van kant, fyn blompatrone, sagte materiale en pastel kleure. Jy dra graag rompe en rokkies, frilletjies en fraaitjies, en delikate, fyn bykomstighede. Dis nooit te veel moeite vir jou om reg te maak vir ‘n geleentheid nie en jy lyk altyd soos ‘n perfekte prinses.
Jy is vroulik, delikaat en saggeaard.
Styl ikoon: Taylor Swift
Vleiend: Jy is gaande daaroor om ‘n “entrace” te maak. Jy is die perfekte definisie van ‘n diva. Jy jou van swart, rooi en wit. Platskoene is nie eers vir jou ‘n opsie nie, jy verkies hoë hakke – altyd! Jou uitrusting is nie voltooi sonder diamante nie.
Jou gunsteling ontwerpersmotief is animal print!
Styl ikoon: Beyonce
Sportief: Jy voel op jou gemaklikste in jou jogabroek, windbreker en sneakers. Jy dra oefenklere vir oefening en alles anders ook.
Die sportiewe “look” het onlangs eers hoogmode geword en meeste stylikone reken jogaklere is deesdae sjiek genoeg om in te gaan gym, by ‘n koffie -afspraak aan te sluit, of selfs vir skemerkelkies.
Styl ikoon: Haily Bladwin / Bieber
Boheems: Jou styl is kunssinnig, ekspressief en outentiek.
Jy is ‘n dromer, ‘n “free spirit” en ‘n ewige romantikus. Jou styl word geïnspireer deur die “free spirits” en hippies uit die laat sestigs-, en sewentiger jare. Jy verkies natuurlike materiale, retro -patrone, warm kleurtone en jy hou daarvan om lae oor mekaar aan te trek. Jy hou van groot, stylvolle bykomstighede, veral wanneer dit uit natuurlike materiaal soos hout, koper of krale gemaak word, of wanneer dit enige vorm van fraaiings het!
Styl ikoon: Kate Moss
Ontspanne: Jou styl is minimalisties en kan beskryf word as “less is more”. Gerieflikheid en gemak is vir jou belangrik wanneer dit by jou kleredrag kom. Jy hou van natuurlike materiaal soos linne, katoen en leer bykomstighede.
Styl ikoon: Jennifer Anniston
Vintage: Vintage styl verwys na klere-items uit ‘n vorige era. Jy het ‘n oog vir tydlose modes en stileer dit só, dat dit modern, tog antiek is.
Jou klerekas is vol nostalgiese rokke uit die verlede.
Styl ikoon: Audrey Hepburn
Rock and Roll: “Rock and roll” is dalk al dekades oud, maar dié styl hou aan “rock”. As jy ‘n rocker is, hou jy hou van swart, swart en nog meer swart. Skinny jeans, enkel stewels en leer baadjies is aan die orde van die dag en wanneer dit studs op het – nog beter! Jy kan nie verby ‘n vintage Rolling Stones, ACDC of Metallica t-hemp loop sonder om dit in jou mandjie te gooi nie!
Styl ikoon: Courtney Love
Retro: Jy hou van modes wat geïnspireer is uit die 70’s, 80’s en 90’s. Jou gunsteling uitrusting is ‘n denim wat opgerol is, met sneakers en wit sokkies.
Styl ikoon: Lucy Hale
Alhoewel jy meer aangetrokke is tot een of twee van hierdie style is dit belangrik om te onthou dat jou stylpersoonlikheid nie noodwendig lewenslank presies dieselfde bly nie. Net soos jy deur verskillende seisoene in jou lewe gaan, gaan jou klerelas ook deur verskillende seisoene wat jou styl aanbetref. Somtyds voel jy net meer aangetrokke tot ‘n sekere styl.
Watter styl jy ook al verkies, Klerekas.com se rakke pronk met van jou gusteling items om jou soos ‘n ware voorbladnooi te laat voel!