Dis ‘n heerlike lente, die winter is verby!
Aan die begin van die nuwe seisoen is dit altyd omwindend om jou klerekas aan te vul met nuwe klere, te speel met verskillende kleure en met nuwe patrone te eksperimenteer na ‘n vaal winter.
As jy enigsins so lief vir die somer soos ek is, het jy al na die eerste bietjie sonskyn jou winterserpe en truie weggepak en vir jou somersklere begin loer.
Nes die aankoms van die nuwe seisoen is dit hoogtyd vir nuwe somertrênds:
Lewe is te kort vir vervelige skoene.
Vervang jou ou skoene met ‘n paar in skoene in ‘n prettige kleur of motief hierdie somer.
Belê in ‘n paar espadrille wighakskoene
Espadrille skoene, ‘n modegier wat geïnspireer is deur mode uit die 90’s, is terug met ‘n BANG! Espadrille wighakskoene is die perfekte kombinasie tussen stylvol en gemaklik.
Wit tekkies
Maak nie saak wat jou ouderdom is nie, ‘n paar wit tekkies is ‘n moet. Dis veelsydig, stylvol en pas by enige iets.
Klein handsakkies
Klein handsakkies is steeds ‘n gusteling hierdie seisoen. As jy wil veilig speel belê in ‘n stylvolle, sjiek handsak in ‘n neutrale kleur wat by alles sal pas, maar as jy ‘n indruk wil los, probeer ‘n helder kleurige handsak, of ‘n handsak met ‘n moderne patroon.
Athleisure
Die athleisure trênd is nogsteeds ‘n groot modegier. Dis belangrik om stylvol te lyk maar steeds gemaklik te wees.
Blazer baadjies
Belê in ‘n modieuse blazer baadjie vir daardie tussen-in weer. Dit is beide nuttig en stylvol.
Lospassende denims
Skinny jeans was vir lank ‘n staatmaker in elke vrou se klerekas, maar hierdie seisoen in lospassende denims hoogmode. Om ‘n stylvolle balans te skep met jou uitrusting, dra eerder ‘n noupassende hemp daarby.
Bypassende-stelle
Bypassende-stelle is ‘n groot JA! vir die somer. Jy kan ‘n statement maak met helderkleurige patrone, of net ‘n eenvoudige neutral stel kies, hoe dit ookal sy ‘n bypassende-stel is ‘n moet vir jou klerekas.
Helder kleure
Helder kleure is nogsteeds hoogmode hierdie seisoen! Mosterd, koningsblou, helder pienk en oranje is groot nuus. Eksperimenteer met kleure soos appelkoos, baba blou en ligpers saam met ‘n helder kleurige klere-items.
Pofmoue
Groot, dramatiese moue is ‘n moet vir jou klerekas hierdie somer. Die pofmou is steeds groot nuus en hier om te bly!
Vat so winter! Die lente is hier om die koppe te draai.