Aangename kennis

Welkom aan al die klerekassies reg oor die wêreld!

Klerekas.com is 'n van daai drome wat al jou verwagtinge oortref. Dis soos wanneer oupa nie net vir jou 'n stukkie biltong kerf nie, maar sommer "labola" ook betaal.

Dit was toe twee aspirante Suid-Afrikaners deur die Vrystaatse-vlaktes gereis het met 'n hart wat verlang na meer. Die idee het ontstaan ​​toe Adam vir sy Eva sê dat hy so moeg is daarvoor dat daar nie stylvolle knopieshemde vir mans is nie. Alles is 'n ander blokkiesraaisel met 'n vervelige skakering van gister se sondes.

Eva kon die geween nie meer hanteer nie. Sy het Adam belowe (en ons almal ken haar beloftes) om vir hom 'n knopieshemp te ontwerp wat sy asem sal wegslaan. 'n Hemp wat sy kollegas by die werk laat smaak na bevordering en tydens die partytjies sien meer as sy dors sal les (as jy enigsins hierdie grappie verstaan, moet jy dadelik die kontak ons-vorm invul) . .. Natuurlik het Eva die belofte gebreek en sommer se hemde, nege dasse, twee broeke en 'n strikdas vir Adam ontwerp. Die res het gelei tot die geskiedenis waar Adam, Eva se arm gedraai het om nog olie in daai naaimasjien te spuit om vir die hele Suid-Afrika klere te ontwerp!

Vandag is klerekas.com die eenstop aanlynwinkel wat aan beide Adam en Eva se behoeftes voldoen. Die klerekas.com span wat hande met plaaslike entrepreneurs is, naamlik: Om noodsaaklike styl te skep wat aan die nodige kwaliteit en modus voldoen.

Jy kan klerekas.com werklik sien as jou persoonlike stylgids en klerekas. Moenie huiwer om voorstelle of ontwerpe te stuur nie, ons wil graag aan jou smaak voldoen. Laat weet ons ook as jy self 'n ontwerper is wat van jou produkte op klerekas.com sal verkoop -Ons kas se deure is altyd oop.

Baie dankie vir jou goeie smaak, styl en ondersteuning. Vinnig spring, lekker koop!

Klerekas.com groete

 

 

© 2024 klerekas.com, Powered by Shopify

    Login

    Forgot your password?

    Don't have an account yet?
    Create account