New York Fashion Week 2022

New York Fashion Week 2022

, by Rianca de Wet, 2 min reading time

Fashion Week is ‘n opwindende venster na die wêreld van “couture” en mode. Die wêreld se bekendste ontwerpers stel hulle nuutste reekse tydens Fashion Week bekend en dit stel dan die toon vir die res van die wêreld se modegiere van daardie jaar.

 

Fashion Week vind sy oorsprong in Parys, Frankryk, waar mode-ontwerpers mense in die publiek gehuur het om hulle “couture” skeppings in die publiek te dra. Hierdie geleenthede, of mode parades, het baie populêr begin raak en vinnig in ‘n gewilde sosiale geleeentheid ontaard. In Frans word die “runway shows” steeds "défilés de mode" genoem, wat letterlik “mode parade” beteken.

 

In 1903 het ‘n New Yorkse klerewinkel, Ehrich Brothers, vir die eerste keer ‘n mode vertoning gehou om middelklas vroue bekend te stel aan hulle winkel en klere. Teen 1910 was mode vertonings ‘n baie gewilde bemarkingsgleentheid vir kettingswinkels regdeur Amerika. Dit is moontlik dat Amerikaanse winkeleienaars die idee in “couture” winkels in Frankryk gesien het en besluit het om die idee te steel. Teen 1920 was “Fashion Shows” alombekend in Amerika.

 

“Fast forward” na 1943 toe New York Fashion Week is vir die eerste keer vir die eerste keer gehou is, om na afloop van die Tweede Wêreld Oorlog mense te inspireer en werkers in die mode bedryf die geleentheid te gee om hulle skeppings ten toon te stel.

 

Ongelukkig, soos meeste ander geleenthede die afgelope twee jaar, was die wêreldwye glansgeleentheid, New York Fashion Week, ook in 2020 en 2021 gekanselleer.

 

Hierdie jaar is New York Fashion Week egter terug en meer glansryk as ooit.

 

Ons deel graag ‘n paar van ons gunsteling nuwe “runway” trends.

 

“Statement” belde

Oorgroot belde was hierdie seisoen oral op die loopplank te sien.

 

Bruin

Bruin is die nuwe beige. Bruin is ‘n neutrale kleur wat by byna alles pas. G’n wonder dis so populêr nie.

 

“Bralettes”

Ja, jy lees reg. Die “bralette” het ‘n gunsteling modegier geword wat bo-oor knopieshemde, baadjies en t-hemde gedra kan word.

 

Vroue-pakke 

Hierdie modegier is hier om te bly en ons is gaande daaroor. Of dit nou baadjies met bypassende langbroeke, “shorts” of rompe is – ons kan nie genoeg daarvan kry nie!

 

Moulose hempies (“Bustiers”)

Ons hou baie van hierdie “look”, dis sensueel en vroulik.

  

Pienk

Michael Kors en Carolina Herrera se loopplank-reekse is ‘n bewys dat pienk beslis die nuwe swart is.

 

Tweed materiaal

Tweed is die perfekte materiaal om met min moeite ‘n “haute couture” element by ‘n eenvoudige uitrusting te voeg.

 

Blinkers en nog meer blinkers

Na ons die afgelope twee jaar pajama partytjies by die huis gehou het is dit weer tyd om mode te vier, en hoe beter as met blinkers en nog meer blinker!

Rooi lipstiffie 

Ons gunsteling bykomstigheid op die loopplank was natuurlik rooi lipstiffie!

Leave a comment

Leave a comment


Blog posts

© 2023 klerekas.com, Powered by Shopify

    Login

    Forgot your password?

    Don't have an account yet?
    Create account