Tjirp

Sorteer & Filter
Tuis Tjirp
Tuis Tjirp

Dit is dalk die soutreuk van klei wat jou herinner aan jou kinderdae, maar vandag staan jy gelykwaardig uniek en braaf as ‘n volwasse vrou wat gereed is om elke dag vierkantig in die oë te kyk. Natuurlik met dieselfde speelsheid en kreatiwiteit as ‘n jong dogtertjie. Tjirp se storie het begin saam met die vrolike lentebloeisels van die jaar 2015. Ontwerper en klei-boffin, Jacorien Swart, se lewensuitkyk word beklemtoon deur haar kleurvolle klei-juwele.

Niks wat mooi is, is perfek nie.

Tjirp wil jou inspireer om ‘n styl van jou eie te droom, om waaghalsig te wees en al leef ons in ‘n wêreld met geen perfeksionisme nie, kan jy steeds die mooi na vore bring.

All Tjirp jewellery are handmade with polymer clay.