Vakature

Hier is jou kans om deel te raak van 'n jong en dinamiese span. Klerekas.com is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse aanlyn-klerewinkel en bied tans 'n eens in 'n leeftyd werksgeleentheid.

Vergeet van al die vereistes van diplomas en kwalifikasies. Al vereiste is dat jy weet wat dit beteken om die ekstra myl te stap. Indien jy nie ambisie het nie, is hierdie werk waarskynlik nie vir jou nie. Die Klerekas.com-span is vindingryk, planmakers en baanbrekers wat altyd bereid en beskikbaar is om kwaliteit produkte en ongekende diens te lewer. 

POSBESKRYWING: PAKHUISBESTUURDER 

  • Prossesering van bestellings
  • Skakeling met koerierdiens: Boek van koerier, stuur van pakkies, ontvang van verpakkingsmateriaal, hantering van navrae i.v.m. stuur en ontvang van produkte
  • Kontak en onderhandeling met koeriermaatskappye, kliente en verskaffers
  • Opleiding, werwing en bestuur van pakhuis-personeel
  • Administrasie van rekords en kommunikasie
  • Verseker dat kwaliteit van produkte en afleweings tydperke bereik word
  • Hantering van begroting vir vervoer
  • Hantering van voorraadopnames
  • Ad-hoc projekte

© 2024 klerekas.com, Powered by Shopify

    Login

    Forgot your password?

    Don't have an account yet?
    Create account